Gedeeltes van Drie Riviere al ‘n week sonder elektrisiteit
VEREENIGING. – Inwoners van gedeeltes van Drie Riviere kla dat hulle nou al vir bykans ’n week sonder elektrisiteit sit. Sommige inwoners vertel selfs dat hulle al langer as 9 dae sonder elektrisiteit sit. “Ons is nou net mooi g*tv*l. Dit lyk of die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit net nie omgee nie. Mense het al reeds …
VEREENIGING. – Inwoners van gedeeltes van Drie Riviere kla dat hulle nou al vir bykans ’n week sonder elektrisiteit sit.

Sommige inwoners vertel selfs dat hulle al langer as 9 dae sonder elektrisiteit sit.
“Ons is nou net mooi g*tv*l. Dit lyk of die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit net nie omgee nie. Mense het al reeds al die goed in hul yskaste en vrieskaste verloor, geysers het uitgebrand, kragopwekkers ontplof want dit is te warm,” het ‘n inwoner aan Vaalweekblad vertel.
Van die inwoners skadevergoedingseise teen die munisipaliteit instel nadat kos in hul yskaste ontvries het en bederf het. Inwoners is gevra om die strokies te hou en foto’s van die vrot kos te neem as bewyse.
Sommige inwoners glo dat die munisipaliteit hulle mislei het oor hul vordering om die kragtoevoer te herstel.
In ’n verklaring wat op Maandag 16 November deur die munisipaliteit uitgereik is word daar gepraat van herstelwerk aan ‘n kabel van 2.7 kilometer wat Dinsdag 17 November gedoen sou word. Maar nadat ‘n inwoner self met die kontrakteur gepraat is sy vas oortuig goedkeuring is nooit eers gegee vir die aanlê van die kabel nie en dat alles stilstaan.
“Ons het Dot Com self gebel. Hulle het nie approval om die draad te vervang nie. Emfuleni worry net nie,” vertel ‘n inwoner.
“Daar is ouemense wat op suurstof is, ou mensies wat alles verloor het en nie eers krag op die tafel het nie. Ons as ‘n gemeenskap het begin geld insamel om vir daai mense kos op die tafel te sit. Dit is horrible hier in Drie Riviere in hierdie stadium. Mense vra of daar nie iemand is wat kan help nie,” sê ‘n inwoner.
“Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid om te sorg dat die herstelwerk so spoedig moontlik gedoen word. Wat hul nie doen nie,” meen nog ‘n moedelose inwoners.
Raadslid Daleen Venter sê in haar nuutste boodskap aan die gemeenskap dat sy persoonlik verskeie plekke besoek het waar daar aan die probleem gewerk word. “Die elektriese departement is by die TR24-substasie en wag vir die kabel om geheg te word. Sodra dit gedoen is kan hulle sekere areas begin aanskakel. Volgens haar is die kontrakteur beslis besig om aan die probleem te werk.
“Ek het persoonlik met Gert van Dot Com gepraat en hulle werk hard om die probleem op te los en kragtoevoer na die geaffekteerde gedeeltes van Drie Riviere te herstel.Kom ons hoop dat hulle al die plekke geidentifiseer het wat probleme veroorsaak.
*Die kragonderbrekings in Drie Riviere volg skaars ‘n week nadat inwoners van Falcon Ridge en Sonlandpark na die burgemeester se woning by die Riverspray Estate in Vanderbijlpark opgeruk het om protes aan te teken nadat hulle ook vir dae sonder elektrisiteit was.

