Local newsNewsNewsBreaking News

Inwoners van Drie Riviere beplan protesaksie vir Vrydagmiddag

VEREENIGING. – Inwoners van Drie Riviere wil Vrydagmiddag 17:00 aan ’n protesaksie deelneem en beplan om ingange na die buurt te versper. Inwoners is gefrustreerd en moedeloos omdat sekere gedeeltes van die buurt na 12 dae steeds sonder elektrisiteit sit nadat ’n substasie en kabels ontplof het. Terwyl die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit steeds sukkel om …

VEREENIGING. – Inwoners van Drie Riviere wil Vrydagmiddag 17:00 aan ’n protesaksie deelneem en beplan om ingange na die buurt te versper.
Inwoners is gefrustreerd en moedeloos omdat sekere gedeeltes van die buurt na 12 dae steeds sonder elektrisiteit sit nadat ’n substasie en kabels ontplof het.
Terwyl die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit steeds sukkel om die kragtoevoer na gedeeltes van Drie Riviere te herstel het inwoners se kos al lankal bederf.

“Ons wil graag vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wys dat ons nou regtig siek en sat is daarvoor,” het ‘n inwoner aan Vaalweekblad gesê.
‘n Groep inwoners van Peacehaven het aangedui dat hulle hul bure van Drie Riviere wil ondersteun. Peacehaven loop ook gereeld onder kragonderbrekings deur.
Na verneem word sal ‘n groot groep mense by die Dick Fourie-stadion bymekaar kom.
Blykbaar is die plan om ingangsroetes met bande te versper.

Inwoners wil die paaie met bande versper.
Peacehaven se mense wil saam betoog. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button