Raadslid het glo rugbeserings in ongeluk opgedoen
VEREENIGING. – Die raadslid van Drie Riviere wat Donderdagmiddag in ‘n ongeluk in Houtkopweg betrokke was het glo haar borsbeen gebreek en rugbeserings opgedoen. Raadslid Daleen Venter se man, Hannes, het aan Vaalweekblad onthul dat Daleen glo haar borsbeen gebreek het en nekwerwels beskadig het. Volgens hom het sy gekla dat sy nie gevoel in …
VEREENIGING. – Die raadslid van Drie Riviere wat Donderdagmiddag in ‘n ongeluk in Houtkopweg betrokke was het glo haar borsbeen gebreek en rugbeserings opgedoen.
Raadslid Daleen Venter se man, Hannes, het aan Vaalweekblad onthul dat Daleen glo haar borsbeen gebreek het en nekwerwels beskadig het.

Volgens hom het sy gekla dat sy nie gevoel in haar bene het nie.
Sy is tans by die Midvaal Privaathospitaal in Drie Riviere en sal blykbaar more geopereer word.
Volgens Hannes is sy vrou in die ongevalle eenheid. Daar is ongelukkig nie meer inligting in hierdie stadium beskikbaar nie.
Boodskappe van bemoediging stroom steeds vir Venter in en talle inwoners het navraag gedoen oor hoe dit met haar gaan.
Venter het kort voor 16:00 vanmiddag beheer oor haar wit Kia Rio verloor en teen ‘n wal naby die Dick Fourie-stadion afgery.
Haar voertuig het teen ‘n boom tot stilstand gekom.
Die lugsak het ontplooi.
Venter was die afgelope paar dae besig om inwoners van Drie Riviere se kragprobleme uit te sorteer.
Inwoners is glo al vir meer as 11 dae sonder krag.


Kyk video hier:
