Local newsNewsNews

Geniet vandag se foto-versameling

Dit reën katte en honde hier in die Vaaldriehoek en dit is voorwaar nou die beste om liewer in jou huis te wees en rustig vandag se foto-versameling te geniet.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.). 

Die 25ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (18 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Nickie Wolmarans van Centurion het die pragtige foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n Wawielspinnekop geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.
Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto geneem van die paddastoele wat soos gholfballe lyk.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto by die Gariepdam geneem.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Tanya Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die mooi foto van die impalalelies in die wildtuin geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Irene Cloete van Plaastuin Weltevreden in die Parys-distrik het die mooi foto geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die oulike foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto tydens ‘n uitstappie in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto in die Ecopark in Vaalpark geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
“Verdwyn” – Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van mistige pad geneem.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die oulike foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi monochroom foto geneem.
Mariana du Preez van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere het die mooi foto van ‘n Delicious Monster geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button