Local newsNewsNews
Wolkbreuk: Foto’s van skade (en hier kom die reën weer)
Na afloop van die wolkbreuk wat vanmiddag regoor die Vaal uitgebreek het, het inwoners van oral laat weet oor die skade en probleme wat daardeur veroorsaak is. Die Global Vulstasie in Sharpeville se dak het weens die hewige reën ingestort. Daar was 'n bus, taxi en motor onder die dak toe dit meegegee het, maar gelukkig is niemand beseer nie.
Die hewige reënbui en haelstorm wat veral in Drie Riviere ondervind is, het tot gevolg gehad dat water tot voor Game in die Riversquare Winkelsentrum opgedam het .Verskeie ander winkels in die Vaal het laat weet dat water by hul dakke ingestroom het.
Daar was egter ook ander inwoners wat dankbaar was na afloop van die reën en die ligter sy daarvan geniet het. Intussen het dit nog ‘n hewige reënbui in Vanderbijlpark uitgesak!
Hier is ‘n fotobeeld van foto’s wat deur lesers ingestuur is.








At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
