Inwoners wil weer protesteer
VEREENIGING.- ‘n Groep inwoners van Drie Riviere wat gister verkeer tydens ‘n protesaksie ontwrig het wil glo weer so maak. Vaalweekblad verneem die groep sal Saterdagmiddag om 15:00 by Dick Fourie-stadion, die selfde bymekaarkompunt as Vrydag, byeen kom. Die inwoners is ongelukkig omdat gedeeltes van Drie Riviere na twee weke steeds nie elektrisiteit het nie. …
VEREENIGING.- ‘n Groep inwoners van Drie Riviere wat gister verkeer tydens ‘n protesaksie ontwrig het wil glo weer so maak.
Vaalweekblad verneem die groep sal Saterdagmiddag om 15:00 by Dick Fourie-stadion, die selfde bymekaarkompunt as Vrydag, byeen kom.
Die inwoners is ongelukkig omdat gedeeltes van Drie Riviere na twee weke steeds nie elektrisiteit het nie.
Volgens raadslid Elize Aucamp, wyksraadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het die DA tydens die laaste raadsvergadering aangedring dat die burgemeester antwoorde gee oor ‘n 2.7km lange kabel.
Volgens Aucamp is die kabel reeds verkry en sou kontrakteurs regdeur die nag werk om te verseker dat dit gekonnekteer word.

