Vandag spog Vaalweekblad weer met 'n foto-versameling belaai met trefkrag. Die blad spog ook met twee nuwe fotograwe wat vandag vir die eerste keer foto's op die blad deel. Verdu de Winnaar is van die Louisrus-kleinhoewes, Vanderbijlpark en Fiona Schoeman is van Vereeniging.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 26ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (25 November). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem. Behalwe dat die foto super skerp is, het die pragtige beligting tot die foto se trefkrag bygedra.Verdu de Winnaar van die Louisrus-kleinhoewes, Vanderbijlpark, het die pragtige foto geneem. Dit is die eerste foto wat Verdu op die fotoblad deel.Fiona Schoeman van Vereeniging het die pragtige makro foto geneem. Fiona beskryf haarself as ‘n amateur-fotograaf met ‘n voorliefde vir makro fotografie. Dit is die eerste foto wat Fiona op die fotoblad deel.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Pieter Moolman van Naboomspruit, nog een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto van ‘n Dwergvisvanger geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het dié pragtige foto (wat lyk of dit ‘n lekker moeilike legkaartfoto sal maak) in die Krugerwildtuin geneem.Shane Pretorius het Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto tussen Deneysville en Vereeniging geneem.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.Zinta Barnard (17) van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar kleinsus geneem.“Treinspoor” – Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.“Sondondergang in Bassonia” – Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto by Pretville geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.“Bloedrooi” – Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die skattige foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die mooi foto van ‘n hiënawelpie geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za