Local newsNewsNews
Roos blom om ander te inspireer
VANDERBIJLPARK. - Angie Roos is op die oog af die toonbeeld van gesondheid, maar min mense weet van die gesondheidstryd waarin sy die afgelope paar jaar gewikkel is.
Ondanks haar gesondheid wat haar gekniehalter het, het sy die gimnasium steeds pligsgetrou besoek.



Haar storie het ‘n vriend so aangegeryp dat hy haar aangemoedig het om haar verhaal te gebruik om ander te inspireer. Saterdag, 7 November het sy ‘n liefdadigheidsfunksie vir Women in Touch Forum@Bana Ba Bagodimo Awareness Centre in Gebied 13, by Planet Fitness in die dorp gehou.
Die sentrum is ‘n heenkome vir vrouens wat slagoffers van geslaggeweld is. Van die vrouens was nog nooit vantevore in ‘n gimnasium nie. Hulle het dit baie geniet om aan die kort fiksheidsklasse deel te neem en na Angie se inspirerende lewensverhaal te luister.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
