VEREENIGING. – Vanjaar, 25 jaar gelede, het Sujee’ s Optometrists se deure in Voortrekkerstraat, Vereeniging, oopgemaak: Die begin van ‘n suksesverhaal wat vandag wyd in die Vaaldriehoek bekend is vir hul vaardigheid en uitsonderlike kliëntediens.
Sujee’ s Optometrist het intussen na hul nuwe, moderne, “hi-tech” kantore in General Hertzogstraat 103, Drie Riviere verhuis, waar die warm, rooikoper-kleur van die gebou jou ‘n voorsmaak gee van die warm harte wat binne dié praktyk klop. Sujee’s Optometrists bied veilige parkeerplek vir besoekers en die wagarea binne is ingerig om kliënte gemaklik en welkom te laat voel. Die interieur is ook op so ‘n manier ontwerp om oogondersoeke met groter doeltreffendheid te bestuur.
Aan die roer van sake is mnr. Aadil Sujee, wat Afrikaans en Engels vlot praat. Hy was reeds as skoolkind in Roshnee ‘n akademiese uitblinker met ‘n diepgewortelde belangstelling in mense, sowel as die fisiologie van die oog. Vandag leef hy sy liefde vir mense en sy respek vir die menslike oog uit in sy beroep. Na sy skooljare het hy hom aan die Universiteit van Johannesburg as optometris bekwaam en ook diplomakursusse in oogsorg aan ‘n toonaangewende universiteit in die VSA suksesvol voltooi. Mnr. Sujee hou voortdurend tred met moderne ontwikkelings in sy vakgebied om sy kliënte te kan bedien en raad te gee oor die wêreld se nuutste kennis in oogsorg.
Die praktyk bied die modernste tegnologie om omvattende oogtoetse te kan doen en streef deurgaans daarna om die hoogste standaard in die bedryf te handhaaf.
Sujee’s Optometrists is ‘n verskaffer van die jongste tendense in brille, rame en sonbrille. Die brilreeks is geskik vir alle behoeftes en bied selfs aan die kieskeurigste kliënt ‘n ekslusiewe keuse. Die personeel is opgelei om kliënte te help om ‘n raam te kies wat uitstekend by hul gesig, styl en lewenswyse sal pas.
Die praktyk is egter nie net brilmakers nie. Mnr. Sujee streef ook daarna om volledige, holistiese oplossings te bied om goeie ooggesondheid en -versorging te handhaaf. Droë oë is ‘n algemene probleem vir baie pasiënte in die Vaaldriehoek, sê mnr. Sujee. Hy gebruik dus gespesialiseerde diagnostiese toerusting om dié toestand te identifiseer en te behandel.
Weens die Covid-19 inperking het die gebruik van skermgebaseerde aktiwiteite op selfone, rekenaars en tablette by mense van alle ouderdomme toegeneem, wat ooreising en ander visuele probleme in die oog veroorsaak. Om dié rede het Sujee’s Optometrists spesifieke blouligblokkeerfilters bekendgestel om spanning op die oë, sowel as hoofpyn, te verminder.
Die praktyk kan buiten die basiese toetse ook ‘n verskeidenheid aanvullende toetse doen, wat nodig is vir die handhawing van goeie ooggesondheid. Dit sluit onder andere ondersoeke in vir gloukoom, katarakte en ander oogkwale. In die geval van diabetes word gespesialiseerde toerusting en skanderingstegnologie byvoorbeeld gebruik om die integriteit van die retina op ‘n baie versigtige en veilige manier te bepaal.
Sujee’s Optometrists is van Maandae tot Saterdae oop. Alle vooraanstaande mediese fondse word aanvaar, en daar is ook verskeie betaalopsies beskikbaar – kredietkaarte sowel as kontant.
* Mense wat tussen 17 November en 21 Desember ‘n oogtoets by Sujee’s Optometrists laat doen, kom in aanmerking vir ‘n trekking wat tweeweekliks gedoen gaan word en waarin verskeie pryse te wen is. Vier gelukkige wenners gaan aan die einde van die wedstryd die hoofpryse wen, wat ‘n LCD TV, ‘n selfoon, ‘n mikrogolfoond en ‘n tablet insluit. (Reëls en voorwaardes geld).
Volg Sujee’s Optometrists op Facebook en Instagram, of maak sommer vandag ‘n afspraak by (016) 422 4130, (016) 423 7594/05 of 081 088 0927.

