Local newsNewsNews

Vandag is die fokus op die natuur

Die natuur bied 'n skatkis van fotografie-geleenthede en vandag wys die fotograwe van hul gunsteling "skatte".

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 26ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (25 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Hendrik Grobbelaar van Centurion, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto in die veld geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto naby La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die dromerige foto van die wolke geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto in Parys geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het dié pragtige sonopkoms foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit, nog een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto van ‘n “Cattle Egret” by Nylsvlei geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi natuurfoto van die miskruiers geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige nabyfoto van ‘n renoster geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi natuurfoto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto van die kameelperde geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die besondere foto geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi lankskapfoto met mooi lyne geneem.
Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die pragtige foto in Natal naby Margate geneem.
Ellen Dreyer van Vanderbijlpark het die mooi foto van die wolke geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto in die Laeveld geneem.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button