Local newsNewsNews

Duur Bengal-huiskat in ogie geskiet

MEYERTON. - ‘n Plaaslike inwoner is erg geskok én kwaad nadat haar geliefde Maddie (‘n sewe maande oue Bengal-huiskat) deur ‘n wreedaard met ‘n pellet-geweer in die haar ogie geskiet is. Magdaleen Watermeyer woon in die Hadeda Estate meenthuiskompleks en het twee katte en honde. Maddie is net die verkorte weergawe van haar eintlike naam: Tribal Fire Maddison, en dan is daar Yoda (ook ‘n Bengal-kat) wat so ‘n bietjie jonger as Maddie is. Bengal-katte is skaars en duur en kos tussen R7 000 en R15 000.

Elsje Vermeulen

Maddie was ‘n geskenk van haar kêrel en alles wat Magdaleen van ‘n katjie wou hê: vreeslik vriendelik, lojaal en vol karakter. Maddie het wonderbaarlik die skoot oorleef en dit gaan tans baie goed met haar.
“Haar ogie is nog effens donkerder as die ander oog. Sy kry twee keer per dag antibiotika oogdruppels, maar sy is amper weer haar ou self en begin weer speel,” vertel Magdaleen.
Maar Magdaleen wil hê geregtigheid moet geskied en het ‘n beloning van R1 000 aangebied om vas te stel wie Maddie geskiet het. Tribal Fire Bengals ondersteun Magdaleen het het ‘n bydrae tot die beloning gemaak.

“Maddie het die Sondagoggend soos gewoonlik rustig op die muur gelê en slaap. Skielik het ons hondjies na die muur toe gestorm en vreeslik begin blaf. Maddie het afgespring en in die huis in gehardloop.
“Ons het dadelik die bloed oral gesien. Haar oog was net rooi en ons was nie eers seker of haar ogie nog daar was nie … en sy was duidelik in skok. Haar mondjie het oopgehang en sy het baie vinnig asemgehaal. Ek het met haar veearts toe gejaag,” vertel Magdaleen. Hulle het toe nog nie geweet Maddie is geskiet nie. Sy is by die Daleside Veterinary Clinic opgeneem en is die volgende dag teater toe om die ogie te probeer red. Dr. Brenda Schlachter het toe gesê daar is net een ingangswond en dat haar ogie gelukkig nie permanent beskadig is nie. Woensdag is sy weer teater toe sodat dr. Schlachter die pellet kon verwyder. “Dit was ‘n absolute skok om te besef dat iemand moontlik met opset my kat geskiet het om haar dood te maak,” sê Magdaleen. “Ons is juis so besorg oor hulle en maak hulle in die huis toe as ons nie tuis is nie.”

Tot op hede is die veeartsonkoste R3 500. “Ek bedank dr. Schlachter wat van die begin af alles gedoen het om klein Maddie se ogie te red en dadelik die beste sorg gegee het.
“Ek wens mense wil net besef hoe wreed dit is om enige dier met ‘n pellet-geweer te skiet. Ouers moet die gevaar besef om dié gewere vir hulle kinders te koop. Boonop is dit onwettig om met sulke gewere in dorpsgebiede te skiet, nie eers teikenskiet na blikkies nie,” sluit Magdaleen af.
Indien enigiemand inligting oor die voorval het, kan Magdaleen by 084 879 9452 gekontak word.

* Volgens die Vuurwapenwet, 2000 is dit onwettig om met pellet-gewere in woongebiede te skiet en is daar ‘n boete van R30 000 of tronkstraf vir die afvuur van so ‘n geweer in ‘n woongebied.

Maddie die Bengal-kat wat met ‘n pellet-geweer in die ogie geskiet is. Sy het die wonderbaarlik oorleef en herstel tans goed. Die besering aan haar ogie is nog duidelik sigbaar.
Die X-strale van die pellet nadat Maddie in die ogie getref is.
Maddie n Yoda.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button