Vandag se pragtige foto-versameling kan jou dalk net inspireer of in die regte luim kry vir die naweek. Twee nuwe fotograwe deel ook vandag vir die eerste keer foto's op die blad: Talita Scheepers van Vanderbijlpark en Dawniie Oosthuizen van Meyerton.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige lankskapfoto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 26ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (25 November) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige lankskapfoto geneem.Dawniie Oosthuizen van Meyerton het die mooi foto geneem. Dit is die eerste foto wat Dawniie op die blad deel.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem.Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die mooi foto in Clarence geneem.Ellen Dreyer van Vanderbijlpark het die mooi foto van die wolke geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die kunstige foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi portretfoto in die veld geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto naby La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die interessante foto van ‘n reuse sampioen (ook glo bekend as Beefsteak Mushroom) geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het dié pragtige foto in die Krugerwildtuin geneem.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.Shane Pretorius het Vanderbijlpark het die mooi foto tussen Deneysville en Vereeniging geneem.Verdu de Winnaar van die Louisrus-kleinhoewes, Vanderbijlpark, het die pragtige silhouette foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto van ‘n roos geneem.Talita Scheepers van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dit is die eerste foto was sy op die blad deel.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto in hul woonbuurt geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi silhouette foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige landskapfoto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za