Local newsNewsNews

Geniet Sondag ‘uitstappie’ saam met fotograwe

Geniet 'n rustige Sondag en geniet die "uitstappie" saam met die fotograwe.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 27ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (2 Desember). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige foto geneem.
Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die pragtige foto in Coligny geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto in die veld geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto naby La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
JP Verster van Redan, Vereeniging het die mooi sonsondergang foto geneem. Dit is die eerste foto wat JP op die blad deel.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto van die bome met sonsondergang geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto met besondere lyne geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die monochroom foto van ‘n reuse sampioen (ook glo bekend as Beefsteak Mushroom) geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het dié pragtige foto van ‘n Blouvalk in vlug langs die Vischgat-pad buite Vereeniging geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto tussen Deneysville en Vereeniging geneem.
Die 17-jarige Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto geneem.
Verdu de Winnaar van die Louisrus-kleinhoewes, Vanderbijlpark, het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van ‘n tarentaal geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto van die besonere wolkformasie geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van ‘n Kankerbos geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi silhouette foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button