Local newsNewsNews

Iets van alles in dié foto-versameling

Daar is behoorlik iets van alles in vandag se mooi foto-versameling, wat net weer as bewys dien dat daar soveel mooi rondom ons is.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 27ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (2 Desember). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto tydens ‘n uitstappie in die woonbuurt geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto by die Heron Banks Golf Estate geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto Sondag by die Barnstormers Model Airfield geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van die hemelruim geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto in die Krugerwildtuin geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die treffende foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem.
Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die pragtige foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto in die veld geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto by “Coll de la Botella vantage point” geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.
“Pizza” – Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het dié pragtige foto van ‘n luiperd in die Krugerwildtuin geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pratige foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button