CommunityLocal newsNewsSponsored

MIDVAAL HOOFSWEEP RAPPORT 3 – Watersake

Raadsheer Phil C. Pretorius, Hoofsweep van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, gee terugvoer oor aktiwiteite in dié uitblinker-munisipaliteit

 

Deur Raadsheer Phil C. Pretorius, Hoofsweep van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit:

Water is ‘n lewensaar en ‘n basiese mensereg. In Midvaal word ‘n besondere deel van die begroting aangewys om seker te maak dat die infrastruktuur nie net ondersteun word nie, maar ook opgegradeer word. Midvaal Munisipaliteit is al diep in ‘n 10 jaar-program in om die hoofwaterlyne te vervang a.g.v. jare se afskeep en veroudering deur die vorige bedeling.
Die ou poreuse pype word met splinternuwe PVC pype vervang in ‘n tegnologiese gevorderde proses. Waterlekke is ‘n groot kopseer, nie net vir die ingenieursafdeling se waterspan nie, maar ook vir die massiewe kostes aan waterverliese elke jaar. Hierdie waterverliese is al ‘n paar jaar gelede deur die bestuurspan geïdentifiseer as ‘n prioriteit en die plan is deur die Midvaal Raad goedgekeur.
Midvaal poog om ernstige lekke in publieke areas binne ‘n paar uur te herstel. Midvaal versoek ook inwoners om asseblief onmiddellik enige lekke wat hulle mag teëkom, te identifiseer en die presiese adres of liggings-pin aan ‘n raadslid of die lid van die Burgemeesterskomitee – LBK (Member of the Mayoral Committee – MMC) vir Ingenieurswese te rapporteer en eers dan deur die MyMidvaal toepassing of die kliëntedienslyn.
Midvaal het onlangs nuwe waterdrukkamers op ses strategiese plekke geïnstalleer en is besig met die tweede fase van die voorafbetaalde residensiële watermeterprojek. Die projek poog om waterdiefstal te bekamp en invordering te vergemaklik.

Sake van belang:

Alle waterlekke en –pype vanaf u watermeter na u huis is u verantwoordelikheid om te onderhou en die munisipaliteit kan nie daarvoor verantwoording doen nie. Om te toets vir lekke in u erf, draai alle water in die huis en op die erf toe en kyk oor ‘n aantal ure of die watermeter aangeloop het. Dit is ook u verantwoordelikheid om die watermeter skoon en begaanbaar te hou vir die watermeterlesers. Watermeterlesings kan ook aan die munisipaliteit ge-e-pos word by readings@midvaal.gov.za.

Die Midvaal verskil:

Waar daar waterprobleme is wat langer as 24 uur duur, maak Midvaal van watertenkers gebruik om die gemeenskappe te versorg. In die week van 16 November het ‘n vlaag waterlekke, barste en Eskom en Rand Water se aksies teen Emfuleni se wanbetaling in Midvaal amok gemaak.
Emfuleni voorsien water en elektrisiteit volgens ‘n ooreenkoms met Midvaal aan Risiville en Lakeside, en aksie teen hulle beïnvloed hierdie ooreenkomste. Met die burgemeester, rdl. Bongani Baloyi se onderhandelings met die entiteite, is ‘n vergelyk bereik, maar nie voordat duisende liters water aan die gemeenskappe in nood verskaf was nie.

Trotse Midvaal Groete.
Web: www.midvaal.gov.za
Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network
Tel: 0861 643 8225
MyMidvaal App

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button