Local newsNewsSponsored

MIDVAAL HOOFSWEEP RAPPORT NR 2 – Raadsheer Phil Pretorius

Vandag gesels ons oor publieke deelname in munisipaliteite

MIDVAAL HOOFSWEEP RAPPORT NR 2

Deur Raadsheer Phil C. Pretorius, Hoofsweep van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit skryf:

Vandag gesels ons oor publieke deelname in munisipaliteite, wat plaasvind deur die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP), (Integrated Development Plan – IDP). Sien www.midvaal.gov.za, Documents, IDP & SDF.

Gedurende die GOP publieke vergaderings plaas inwoners hulle voorgestelde projekte op ʼn prioriteitslys. Die GOP gee elke wyk die geleentheid om voorstelle te maak te opsigte van hul unieke behoeftes. Dit is die inwoners se wenslys en is nie noodwendig finale goedgekeurde projekte nie. Die munisipaliteit evalueer die voorgestelde projekte om te bepaal of dit ʼn plaaslike bevoegdheid is, dit die gemeenskap van daardie wyk oorhoofs sal bevoordeel en wat die begroting toelaat. Die begroting van die munisipaliteit word elke jaar in Maart as konsepdokument voorgelê en na interaksie met die gemeenskap in Mei goedgekeur vir die finansiële jaar wat strek van Julie tot Junie die volgende jaar.

Byvoorbeeld: Na twee jaar op die GOP is ligte in die Japonicastraatverlenging, Meyerton, geïnstalleer en ʼn gemeenskapsentrum in Lakeside opgerig. Sien “Annexure A1 – Project Prioritisation per Ward” vir 2021 se wenslys. Vaal Marina het byvoorbeeld lae waterdruk gelys, terwyl ander wyke sportfasiliteite, paaie, parke en spoedhobbels voorgestel het. In Wyk 14 is onlangs goedkeuring verkry om die sportgeriewe op te gradeer en ʼn voetpad te installeer soos deur die gemeenskap voorgestel.

Die publieke vergaderings is ʼn baie goeie platform om die ontwikkeling van elke wyk te bespreek en te bepaal. Publieke vergaderings vir die Midvaal GOP 2021/2022 word beplan vir Januarie 2021. As gevolg van die grendelstaat kan die datums dalk verander en ek stel voor u hou die relevante kommunikasieblaaie van die munisipaliteit dop vir enige inligting in dié verband.

Sake van belang:
Kyk uit vir Midvaal Munisipaliteit se nuwe kommunikasietoepassing (App) MyMidvaal op Playstore. Dit verskaf kontakinligting vir departemente asook ʼn klagteskakel waar foto’s en ʼn liggingpen van die klagte gelaai kan word.

Die Midvaal verskil:
Onlangs het ʼn sosialemedia-plasing oor Meyerton se openbare swembad baie aandag getrek. Die foto’s van die blou water en groen versorgde tuine het ander munisipaliteite sprakeloos gelaat.

Trotse Midvaal Groete

Web: www.midvaal.gov.za
Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network
Tel: 0861 643 8225
MyMidvaal App

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button