Local newsNewsNews

Fotograwe woeker met hul talent

Die fotograwe woeker met hul talent om 'n prag oomblik vas te vang. Geniet die middel-van-die-week versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 27ste fotoblad verskyn in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (2 Desember). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Huibrecht Henning het die pragtige foto op hul plaas in Henley on Klip geneem.
Rettie Hudson van Vereeniging het die mooi foto geneem. Dit is die eerste foto wat Rettie op die blad deel.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
“Gender reveal – it’s a boy”- June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en famllie foto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige landskapfoto naby Anserall in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige natuurfoto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het dié pragtige sonsondergangfoto in die Wildtuin geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi monochroom foto geneem.
“Boer” – Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.
Celest van der Schyff van Meyerton het die mooi foto van die reënboog geneem.
“Die Kersseisoen het begin” – Tanya Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem om almal in die regte gees vir Kersfees te kry.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n laatmiddag uitstappie in hul woonbuurt geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Roelie de Bruyn van Meyerton het die mooi foto met die reënboog geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto in die Krugerwildtuin geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die kunstige foto van ‘n duif geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi sonsondergang foto op die R59 snelweg uit ‘n bewegende motor geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die sonsondergang foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button