Redan onder nuwe bestuur
VEREENIGING. – Inwoner van Redan is Dinsdag per brief in kennis gestel dat Eskom die bestuur van die buurt aan ‘n maatskappy genaamd Builders One Stop sal oorgee. “Hierdie brief dien om u in kennis te stel dat Eskom sy regte aan Builders One Stop sal afstaan vanaf 1 Januarie 2021. “U sal nuwe huurkontrak …
VEREENIGING. – Inwoner van Redan is Dinsdag per brief in kennis gestel dat Eskom die bestuur van die buurt aan ‘n maatskappy genaamd Builders One Stop sal oorgee.
“Hierdie brief dien om u in kennis te stel dat Eskom sy regte aan Builders One Stop sal afstaan vanaf 1 Januarie 2021.
“U sal nuwe huurkontrak met die nuwe maatskappy moet onderteken,” lees ‘n uittreksel uit die brief.
Volgens Eskom se portfoliobestuurder vir residensiële eiendomme in die streek LD Els sal Builders One Stop verantwoordelik wees vir instandhouding en die insameling van huurgeld.
Skuld wat voor Januarie 2021 aangegaan is voor Januarie 2021 is steeds aan Eskom betaalbaar.
Inwoners is tans onseker oor presies hoe die verandering in bestuur hulle sal raak en of die kontrakte op die selfde terme gesluit sal word as die kontrakte met Eskom.
Daar sal blykbaar in ‘n vergadering met inwoners belê word waartydens meer inligting verstrek sal word.


