Local newsNewsNews

“Beauty with a Cause” – pretpryse op die spel

Net soos die res van die land, weet plaaslike inwoners ook dat renosters se uitwissing nie toegelaat kan word nie. Daar word gereeld projekte geloods om op enige wyse te help om dié bedreigde sagmoedige reuse te help beskerm. Vaalweekblad het om die rede besluit om sy deel te doen en ‘n platform aan Insimbi Legacy Projects te bied om hul skoonheidskompetisie ten bate van renosters te loods. Jy kan dus jou deel op ‘n prettige wyse doen en die kompetisie ondersteun. Die sluitingsdatum is 15 Desember.

Dit kos net R50 om in te skryf en elke inskrywing sal opreg waardeer word. Al die fondse wat deur die kompetisie gegenereer word, sal as betaling vir die veldwagters (anti-poachers) wat die renosters moet beskerm, aangewend word.
Mense wat nie aan die kompetisie wil deelneem nie, maar die doel wil ondersteun, kan ‘n donasie maak.
Insimbi Legacy Projects is ’n organisasie in Limpopo sonder winsoogmerk. Die spesifieke plek waar dit geleë is, word vir die renosters se veiligheid, nie genoem nie.

“Beauty with a cause” is ‘n fotokompetisie met ses afdelings waarin deelgeneem kan word:
Miss Little Rhino Hope: Dogters 2 tot 6
Mr Little Rhino Jack: Seuns 2 tot 6
Miss Rhino Hope: Dogters 7 tot 12
Mr Rhino Jack: Seuns 7 tot 12
Miss Teen Rhino Hope: Dogters 13 tot 16
Mr Teen Rhino Jack: Seuns 13 tot 19
* Soos reeds genoem, beloop inskrywings slegs R50 en daar is pryse op die spel vir al die afdelings se wenners.

(Dit sluit ‘n geskenkpak, sash en sertifikaat in). Dit moet egter in die lig beskou word dat hierdie vir ‘n baie goeie doel is. Drie onafhanklike beoordelaars sal die onderskeie afdeling-wenners kies.
Om in te skryf is maklik:
Stuur ‘n mooi gesigfoto, asook ‘n aanduiding vir watter afdeling ingeskryf word, saam met bewys van betaling na sharon@insimbilegacyprojects.co.za
Bankbesonderhede vir inskrywings:
FNB
Isimbi Legacy Projects NPC
Takkode: 253742
Rekeningnommer: 62742710347
Verwysing: Kind se naam en van

Van die inskrywings wat reeds ontvang is:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button