Local newsNewsNews

Prag oomblikke en tonele vasgevang!

Vaalweekblad deel met trots nog puik oomblikke en tonele wat deur die passievolle fotograwe vasgevang is.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 27ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (2 Desember) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die besondere foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige natuurfoto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n uitstappie na Puteri Harbour geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi toneel met sonsondergang in Linmeyer afgeneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die skattige foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die treffende sonsondergang foto in die Krugerwildtuin geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto van die reënboog in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. Hendrik sê dit was eintlik ‘n dubbele reënboog, maar die tweede een wou nie mooi wys op die foto nie.
“Gender reveal – it’s a boy”- June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en famllie foto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto by “Coll de la Botella vantage point” geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi kleure in die hemelruim met sonsondergang vasgevang.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige natuurfoto van die waterdruppels op ‘n blaar geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige foto van die Europese swaeltjies geneem.
Rettie Hudson van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het dié pragtige foto van die maan geneem.
Mariana du Preez van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Kumkwart-blommetjie geneem.
Dawniie Oosthuizen van Meyerton het die pragtige foto van die wolke wat swaar in die lug hang geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button