Local newsNewsNews

Besonder kunstige foto-versameling

Die fotograwe het vandag 'n besonder kunstige foto-versameling opgedis.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 27ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (2 Desember) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Pieter Moolman van Naboomspruit, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto op die N1 snelweg geneem.
Cicilia Schuhknecht van Vanderbijlpark het die pragtige foto van haar man en seun in die veld geneem. Sy sê sy wou eintlik die donker wolke en weerlig probeer afneem en dié gelukskoot-kunswerk was die resultaat. Sy sê spottend dat sy nog nooit weer so mooi foto geneem het nie.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van die trop zebras in die Krugerwildtuin geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto was soos ‘n skildery vertoon geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die besondere landskapfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die kunstige landskapfoto geneem.
Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging, het die kunstige foto geneem.
“Tsisikamma” – Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die pragtige foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige silhouette foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto in die Krugerwildtuin geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kuntige natuurfoto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die trappe na die boekwinkel by Jasmyn in Harties geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige natuurfoto van die waterdruppels op ‘n blaar geneem.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige monochroom foto van die zebras geneem.
Rettie Hudson van Vereeniging het die kunstige natuurfoto op die strand geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en famllie foto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
“Skulpe net waar jy kyk” – Mariana du Preez van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Johan Cilliers van Vanderbijlpark het die mooi Sonsondergang foto by Qwantani-vakansieoord langs die Sterkfonteindam geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button