Local newsNewsNews
‘n Gelukskoot-kunswerk
VANDERBIJLPARK. - ‘n Plaaslike inwoner het ‘n foto wat sy as amateur geneem het, vir Vaalweekblad ingestuur en dit kan as niks anders as ‘n gelukskoot-kunswerk bestempel word nie. Cicilia Schuhknecht van Lindequesdrift sê sy het die foto, wat kompleet soos ‘n skildery vertoon, toevallig geneem.

“Dit is nou byna ‘n jaar gelede toe ek my man, Hermann en ons seun, Juhrich afgeneem het.” Die gesin het op ‘n plaas sowat 20km buite Parys gewoon. Hulle het in die veld geloop en na iemand se bul gesoek wat op hul plaas was. Cicilia wou eintlik die weerlig teen die donker wolke met sonsondergang afneem, en die prag foto was die resultaat.
“Ek was so verbaas en het nog nooit weer so ‘n mooi foto geneem nie,” sê Cicilia.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
