Local newsNewsNews

Dae raak minder, geesdrif nie!

Die aantal dae tot die einde van 2020 raak al hoe minder, maar gelukkig nie die fotograwe se geesdrif nie. Geniet vandag se puik versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 28ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 Desember – die laaste gedrukte uitgawe vir 2020). Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer op 13 Januarie. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto in die Ecopark in Vaalpark geneem.
“Green Bee Eater” – Pieter Moolman van Naboomspruit het die treffende foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto in Clarens geneem.
Rettie Hudson van Vereeniging het die mooi foto in haar tuin geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n brander wat breek in Swakopmund geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
“Paradysvlieëvanger wyfie” – Jan Putter van Vaalpark het die pragtige foto in sy dogter se tuin geneem.
Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto in haar tuin geneem.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto tussen Vereeniging en Deneysville geneem.
“Three Beauties” – Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Zinta Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar kleinsus geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto by die Heron Banks Golf Estate in Vaalpark geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto in die Krugerwildtuin geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.

 

Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi natuurfoto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
“Gender reveal – it’s a boy”- June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en famllie foto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto tydens ‘n uitstappie in die Madriu-Perafita-Clarorvallei. Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button