Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n jong leeumannetjie in die Krugerwildtuin geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 28ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 Desember – die laaste gedrukte uitgawe vir 2020. Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer op 13 Januarie). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n jong leeumannetjie in die Krugerwildtuin geneem.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die puik foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.“Golden Hour” – Pieter Moolman van Naboomspruit, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die kunstige foto geneem.Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto in haar tuin geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van ‘n treinspoor geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto van ‘n aasvoël in die Krugerwildtuin geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die skitterende foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Rettie Hudson van Vereeniging het die mooi foto in haar tuin geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za