Local newsNewsNewsBreaking News

Talle inwoners steeds sonder krag in Drie Riviere

VEREENIGING. – Beloftes dat kragtoevoer na gedeeltes van Drie Riviere herstel sou word wat nou al vir weke lank sonder elektrisiteit sit het toe nie gerealiseer nie. Talle inwoners het laat weet dat die krag teen 17:00 nog nie aan was nie. Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, eerw. Gift Moerane, en die administrateur …

VEREENIGING. – Beloftes dat kragtoevoer na gedeeltes van Drie Riviere herstel sou word wat nou al vir weke lank sonder elektrisiteit sit het toe nie gerealiseer nie.

Talle inwoners het laat weet dat die krag teen 17:00 nog nie aan was nie.

Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, eerw. Gift Moerane, en die administrateur vir basiese dienste en infrastruktuur, Silas Zimu, het vroeër die week ontstoke inwoners tydens ‘n vergadering probeer paai met beloftes dat die krag teen Woensdagmiddag om 17:00 aan sou wees.

Dit blyk egter of herstelwerk heelwat langer gaan neem.

Intussen is inwoners deur die munisipaliteit in kennis gestel dat alle gebied in Drie Riviere op Donderdag tussen 08:00 en 11:00 ‘n kragonderbreking sou ervaar.

Volgens die nuutste verklaring is elektrisiëns besig om ‘n 2.7km lange kabel te installeer en sal herstelwerk nou teen Donderdag voltooi wees. Daarna sal die kabel getoets moet word. Die munisipaliteit het gewaarsku dat die proses 48 uur kan neem en gesê dat alle gedeeltes van Drie Riviere hopelik teen Saterag krag sal hê as alles goed gaan…

Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, eerw. Gift Moerane, luister aandagtig na die vrae van inwoners. Foto: Christiaan Cloete
Inwoners is nie baie gelukkig met die nuutste verwikkeling nie en het op sosiale media uiting aan hul frustrasies gegee.
Steyn Fourie, ‘n inwoner van Drie Riviere, sê inwoners is baie ongelukkig met die munisipaliteit. Foto: Christiaan Cloete

Kyk video hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button