Die week skop goed af met drie nuwe fotograwe wat vandag vir die eerste keer van hul pragtige foto's op die blad deel. Phillip Theron, die eienaar van Anchor Ranch tussen Parys en Potchefstroom is die eerste nuwe lid, Joalize Els van Frankfort ('n joernalis wat fotografie as stokperdjie beoefen) die tweede en Elaine Cilliers van Vanderbijlpark die derde.
Phillip Theron van Anchor Range ('n plaas tussen Parys en Potchefstroom) het die treffende foto van Zandria in die Krugerwildtuin geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer op 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.
Phillip Theron van Anchor Ranch (‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom) het die treffende foto van Zandria in die Krugerwildtuin geneem.Joalize Els van Frankfort is ‘n joernalis wat fotografie as stokperdjie beoefen. Sy het die pragtige foto in Frankfort geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige silhouette foto in die Krugerwildtuin geneem.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi landskapfoto geneem.Sarina Small van Meyerton het die mooi foto van ‘n Amarilla geneem.Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto van onweer aan die broei geneem.Stephanie Gouws van Ramsgate het die pragtige foto van die branders wat teen die rotse breek in Port Shepstone geneem.“Zinta” – Tanya Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto by Puteri Harbour geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige sonsondergang foto in die Krugerwildtuin geneem.Dawniie Oosthuizen Van Meyerton het die mooi foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die oulike foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Elaine Cilliers van Vanderbijlpark het die kunstige, donker foto van die maan wat so tussen die takke deurloer geneem.Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die pragtige monochroom foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige foto tydens ‘n uitstappie in die Madriu-Perafita-Clarorvallei, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za