Local newsNewsNews

Virus-protokolle: miljoene se vakansiereëlings belemmer

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus het in 'n media verklaring gesê dat die ANC-regering nou  eindelik die inperkingsmodel volg wat die VF Plus voorstaan om die verspreiding van die Covid-19-virus asook ekonomiese skade te beperk. Hy het egter beklemtoon dat die aankondiging nogtans vroeër kon gewees het aangesien miljoene mense reeds hul vakansiereëlings getref het.

Die mediaverklaring lui dat die VF Plus se siening oor Covid-19 deurentyd was dat ‘n gedifferensieerde benadering tot inperking gevolg moet word, dat die nodige gesondheidsprotokolle streng toegepas moet word en dat ‘n volstrekte grendelstaat onnodig is. Die ANC-regering se totale inperkingsmodel het onnodige skade aan die ekonomie aangerig wat groot werksverlies tot gevolg gehad het.

Dit is ‘n realiteit dat die virus versprei en dat ‘n tweede vlaag van besmetting besig is om plaas te vind. Die totale sluiting van strande in die Oos-Kaap en die Tuinroete in hierdie laat stadium van die feesseisoen is irrasioneel. Soos in KwaZulu-Natal kon dit net op sekere tradisionele besige dae gesluit word. Die aankondiging gaan ook groot ontwrigting vir baie vakansiegangers veroorsaak. Die verbod van alkohol op strande word wel verwelkom en is ‘n rasionele besluit. Dit maak egter nie sin dat sifting by lughawens nie meer gedoen word nie. Die VF Plus stem nie daarmee saam dat hierdie gebruik om persoonlike inligting in te win en sifting te doen gestaak is juis kort voor die feesseisoen nie.

“Die Covid-19-virus is ‘n realiteit wat lewens eis en daarom moet die nodige gesondheidsmaatreëls en -protokolle toegepas word. Dit moet egter in balans met die ekonomie en mense se voortbestaan gedoen word,” sluit die verklaring af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button