Local newsNewsNews

Gemeenskappe moet eienaarskap van hul veiligheid neem

AfriForum het in November vanjaar ’n nasionale projek van stapel gestuur om polisiëringsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Dié projek duur tot 15 Januarie 2021 voort. Misdaad sal na verwagting oor die feesseisoen toeneem en AfriForum se buurtwagte wil daarom inwoners deur hoësigbaarheidsprojekte gerusstel en beveilig.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol om misdaad te bekamp. AfriForum-buurtwagte sal daarom klem lê op verhoogde sigbaarheidsaksies in hul onderskeie gebiede. Ons moedig die gemeenskap aan om aan die patrollies deel te neem en te help om misdaad hok te slaan,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se provinsiale veiligheidskoördineerder vir Gauteng.

AfriForum se Gauteng-buurtwagte het ook in samewerking met die SAPD, GPF’s en verskeie sekuriteitsmaatskappye aan dié burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie in November deelgeneem.

“Projekte soos dié bevorder samewerking tussen verskillende rolspelers. Gemeenskappe moet eienaarskap van hul eie veiligheid neem en die SAPD binne die raamwerk van die wet ondersteun om hul woonbuurt te beveilig,” sê Robert Koch, voorsitter van AfriForum se Pionier-buurtwag.

Raak by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button