Die talentvolle fotograwe het 'n oog vir spesiale oomblikke. In vandag se foto-versameling wil dit voorkom of dit veral sonsondergange was wat hul aandag getrek het. Die blad spog ook met twee nuwe fotograwe wat vir die eerste keer foto's deel: Jennine Bekker van Meyerton en Marietjie Barnard van Vereeniging.
Joalize Els van Frankfort is ‘n joernalis wat fotografie as stokperdjie beoefen. Sy het die pragtige foto in Frankfort geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer op 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.
Joalize Els van Frankfort is ‘n joernalis wat fotografie as stokperdjie beoefen. Sy het die treffende foto in Frankfort geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto by Temenos Retreat geneem.Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto by die Vaaldam geneem. Dit is die eerste foto wat Marietjie op die blad deel.Michelle Hart van Sasolburg het ook ‘n pragtige sonsondergang vasgevang.Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi sonsondergang foto geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van die olifante in die Krugerwildtuin geneem.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die kunstige foto geneem.Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto in Frankfort geneem toe die son begin sak.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die sagte natuurfoto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto tydens ‘n uitstappie na Puteri Harbour geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige sonsondergang foto in Tietiesbaai aan die Weskus geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige natuurfoto geneem.Dawniie Oosthuizen Van Meyerton het die mooi foto geneem.Devon Lubbe from Risiville, Vereeniging took this beautiful photo of the penguins at Betties Bay.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Gert Nel (oud-Valie) van Germiston het die pragtige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die treffende foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Huibrecht Henning van Henley on Klip het die mooi foto in Paarl geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.June Bartlett van George het die spesiale oomblik vasgevang. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Jennine Bekker van Meyerton het die oulike foto van haar hondekind geneem. Dit is die eerste foto wat Jennine op die blad deel.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige Feesseisoen foto tydens ‘n uitstappie in Andorra la Vella geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto van die Vaalrivier geneem toe die son begin sak.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto by die Heron Banks Golf Estate in Vaalpark geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za