Local newsNewsNews
Valies braai vir boere in nood
VANDERBIJLPARK. - Valies hou beslis van lekker kuier en braai, maar as dit boonop vir 'n goeie doel is, is dit net soveel beter! Dit was Saterdag die geval by Gas Monkey by die Emerald Resort & Casino toe daar lekker gekuier én fondse ingesamel is vir boere in nood.
“Die fondse wat op die dag ingesamel is, is geskenk aan Boere Droogtehulp SA. Die fondse sal gebruik word om boere in nood te help in areas wat baie sleg geraak is in Suid-Afrika,” sê Stephan Venter van Staan Saam Vaalpark & Sasolburg, die organiseerder van die wonderlike dag.
Hy bedank die deelnemers en ondersteuners, asook die borge van die dag:
Gas Monkey Vanderbijlpark
Vaal Toyota Sasolburg
Vaal Mall Tyres Going North Tours


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
