Local newsNewsNews

Baba Bessie se baie bad

Baba Bessie gedra haarself nou se dae die meeste van die tyd, soortvan ... Maar, as ‘n baba hondjie het sy nie eens probeer om uit die moeilikheid te bly nie! Haar heldin was Monster Nooi, die oorgroot Labrador. Haar missie was om vuil te word en vuil te bly.

Dit was Desember 2015. Baba Bessie en Her Royal Naughtyness Heidi het in die voortuin gespeel. Albei was nog baie klein en veral Bessie moes die heeltyd onder oë gehou word. Ek was besig in die studeerkamer, maar het kort-kort uitgegaan om seker te maak hulle is nog okay. Het net weer my sit gekry nadat ek ‘n klont modder uit haar bek moes verwyder toe ek ‘n hartverskeurende getjank hoor.

Ek storm na buite, nie ‘n maklike missie nie, want die papegaai en sy hok staan die ingang vol. Buite word die getjank al erger. Daar is Baba Bessie, pens en pootjies in die vlak vislosedammetjie. Duidelik nie ingeval nie, want die koppie is kurkdroog, maar so het sy ingeklim en is die boude te swaar om weer uit te klim. Skree asof sy vermoor word.

Ek tel haar uit en roep vir Ma om ‘n handdoek te bring. Ma gee die nat hond een kyk en verklaar: “Nou sal ek haar moet bad!”

Was nog nie Kersfees nie toe kry sy haar tweede bad vir die maand. Die keer het Baba Bessie en Heidi agter gespeel. Ma was in die kombuis doenig, so hulle was nie te ver onder haar oë uit nie en Monster Nooi het nie omgegee om hul op te pas nie. Maar, selfs met toesig het Bessie dit reg gekry om agter die blombedding waar die geyser se oorloop drup haarself met modder te besmeer.

Vuil klein Baba Bessie.

Daarna het dit darem vir so ‘n wyle beter gegaan. Baba Bessie het semi-skoon en uit die modder gebly tot Kersdag. Luilekker ete en middagslapies was agter die rug. Bessie en Heidi was veronderstel om ‘n draai voor op die gras te loop en in te kom. Maar nee, hulle gaan plof op die gras neer en slaap verder. Ons dog laat mens nou nie slapende hondjies wakker maak nie. Minute later gaan loer Pa om te sien of is die twee nog okay. Daar is hy net betyds om te sien hoe klim Baba Bessie die keer self uit die vislose dammetjie. Papnat en bruin gekoek van die modder. Ma het geen ander keuse gehad as om haar vir ‘n derde keer in een maand te bad nie! (En ja, ek weet, klein hondjies moenie so baie gebad word nie, maar dit was spesiale sjampoo en sy het niks oorgekom nie en nee, nie een van hulle kom meer naby die voortuin nie.)

Pragtige skoon Baba Bessie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button