Local newsNewsNews
Geniet jou ouers … terwyl jy nog kan!
Kersfees is voorwaar 'n wonderlike tyd om met vriende en familie te deel en te wys hoe lief mens mekaar het. Dit moet natuurlik eintlik die hele jaar so wees, maar die lewe raak soms te besig ... maar volgens kenners moet jy sorg dat jy veral jou ouers wys hoe lief jy hulle het terwyl hulle nog lewe - want spyt is 'n goeie ding maar kom altyd te laat.
Voor jy jou oë kan uitvee het die jare verby gevlieg en jou “superhelde” het oud geword. Moenie na die tyd spyt wees dat jy versuim het om sekere dinge vir hulle te sê en doen nie.
Hier is 10 punte waarmee jy te doen sal kry die dag as jou ouers nie meer hier is nie:
- Jy sal die belangrikheid van familie beter verstaan – niemand sal jou ooit weer so onvoorwaardelik liefhê nie.
- Jy sal vir ‘n lang tyd lam voel, asof jy nie wil beweeg nie.
- Jy sal hartseer voel oor die groot verlies van die kleinkinders – die wete dat hulle nie die voorreg gehad het om mekaar te ontmoet en te geniet nie.
- Jy sal nie meer na mense kan of wil luister wat oor hul ouers kla nie – want jy sou alles gee om jou ma nog net een keer oor iets te hoor kla of raas.

- Die hartseer en gemis gaan nooit weg nie.
- Jy sal jaloers voel teenoor almal wat nog ouers het om tyd mee saam te spandeer.
- Vakansiedae sal eensaam voel. Self al het jy ‘n eggenoot en kinders sal dae soos Moedersdag, Vadersdag, Kersfees en ander spesiale dae effens leeg voel.
- Jy sal geheime oor jou ouers uitvind. Jy sal leer dat hulle mense met vol lewens was waarvan jy nie alles geweet het nie.
- Jy sal sommige dae jou foon uithaal om nuus (goed of sleg) met hulle te wil deel – en dan onthou dat jy hulle nie meer kan bel nie.
- Jy sal besef hoe lief jy hulle werklik gehad het – dit is die ironie van die dood, jy besef eers hoe lief jy iemand het wanneer hulle finaal van jou weggeneem is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
