Local newsNewsNews

Veiligheidreëls geld nie in rye vir SASSA-toelae nie

VAAL. - Dit het vanjaar weens die pandemie 'n bekende gesig geword om lang rye mense wat voor die Poskantore saamdrom vir hul R350 SASSA-toelae te sien. Hierdie geld is vir dié mense van lewensbelang, maar ongelukkig stel dit ook hul lewens in gevaar aangesien die menigte hul nie juis aan die ingestelde veiligheidmaatreëls steur nie.

Vaalweekblad is reeds deur verskeie mense gekontak wat oor dié probleem gekla het. Wikus Nel is die nuutste klaer – die keer oor die samedromming van mense by die Sasolburg Poskantoor. “Daar is geen beheer nie, daar word nie maskers gedra nie en daar is geen social distancing terwyl mens in die ry wag nie,” sê Wikus.

Hy het reeds sover gegaan om die plaaslike polisiestasie te kontak en dit aan te meld. “Hulle het gesê hulle sal die saak ondersoek, maar daarvan het niks gekom nie. Ek het hulle toe weer gekontak want ek moet in daardie ry staan. As blanke man kan ek nie eers daarna dink om die mense om my te vra om gehoor te gee aan die reëls nie. Ek dra wel ‘n masker maar vrees vir my gesondheid ,” verduidelik Wikus.

Volgens hom is daar selfs deur ‘n lid van die SAPD (nadat hy weer geskakel het) aan hom gesê dat “dit is nie hulle werk om die mense te beheer nie”. Wikus erken dat hy toe sy humeur verloor het, en daar toe aan hom gesê is dat hulle hom sal arresteer as hy so praat, waarna die foon in sy oor neergesit is.

Wikus het later met die stasiebevelvoerder kontak gemaak, waarna daar weer glo aan hom verduidelik is dat dit nie die polisie se  plig om mense te beheer om sosiale distansie en die dra van maskers te implementeer nie. Die bevelvoerder het glo verder aangevoer dat die sekuriteit by die poskantoor die situasie moet reguleer. “Daar is eer sekuriteitswag en hy sit binne die gehou. Ek het reeds die Poskantoor self ook gekontak en hulle sê hulle kan ook niks doen nie,” sê ‘n moedelose Wikus. Intussen sal hy moet voortgaan om in die ry te wag, want hy is tans werkloos weens die virus en is afhanklik van die toelae.

Die lang ry mense wat vir hul beurt wag by die Riverside Poskantoor in Vanderbijlpark. Foto: Elsje Vermeulen
Die foto wat deur Wikus geneem is van die mense wat by die Poskantoor in Sasolburg saamdrom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button