Local newsNewsNews

Tyd om weer saam met fotograwe te ‘toer’

As jy dalk met "staycation" is en eerder allerhande interessanthede sou wou sien, bied die fotograwe jou geleentheid om saam met hulle te toer en te loer wat hulle gesien het. Die blad verwelkom ook vir Fransie Stevens van Vereeniging wat vandag haar eerste foto op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer op 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.

Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto tydens ‘n onlangse besoek aan Penang geneem. Amanda sê Penang is bekend vir sy volop straatkuns.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige modelfoto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi toneel in Tietiesbaai aan die Weskus afgeneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die treffende foto op die plaas geneem.
Chané van Sittert van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging, het die monochroom foto in Clarens geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi natuurfoto geneem.
Dawniie Oosthuizen Van Meyerton het die mooi foto van die wolke geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n geelvink geneem. Dit is die eerste foto wat Fransie op die blad deel.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die besondere foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi foto tydens ‘n meerkat toer naby Calitsdorp geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die sprokies-mooi foto tydens ‘n uitstappie in die Madriu-Perafita-Clarorvallei, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die interessante foto in Vanderbijlpark geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto van die singende geveerde vriendjie geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto by Temenos Retreat geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige toneel in sagte kleure vasgevang toe die son begin sak.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n duif wat hoog in lug tussen die sonstrale vlieg geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto in Frankfort geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto van die malvas in sy broer se tuin geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button