Local newsNewsNews

Inperking: SA in moeilike situasie op vooraand van 2021

Sonder die gerief van ‘n R800 miljard-reddingskussing wat grootliks vermors is tydens die eerste fases van die Covid-19-inperking en ‘n versuim om gesondheidsmaatreëls behoorlik toe te pas en te polisieer, het gelei tot ‘n uiters moeilike situasie waarin Suid-Afrika hom aan die vooraand van 2021 bevind.

Dit is die woorde van Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, in ‘n mediaverklaring wat uitgereik is.

Hy sê voorts dat die strenger vlak-3-inperkings wat president Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig het, die ekonomie verdere skade gaan berokken met bedrywe soos toerisme en restaurante wat die hardste getref kan word. Baie van die regulasies, soos besonderhede rondom reise veral binne die land se grense, is onbekend en onderhewig aan die besluite van die betrokke minister.

Daar is verskeie ander onduidelikhede, soos waarom die regulasie-aanpassingsvlak 3 is en nie 2 nie. Dit maak straks die deur oop vir die sluiting van industrieë en sektore waarvan die besonderhede nou nog verswyg word. Die regulasies hieroor sal eers bekend gemaak moet word om werklik te sien wat die president se aankondiging oor die nuwe inperkingsvlak behels.

Die land kan nie verdere skade aan die ekonomie en verdere werksverliese bekostig nie. Met die huidige fiskale posisie is daar ook nie meer sprake van ‘n nuwe reddingsfonds om die impak van strenger inperkings te verlig nie.

Dit is so dat die onnodige verspreiding van die virus ten alle koste gekeer moet word, maar daar moet in ag geneem word dat die miljoen gevalle waarna nou verwys word ter motivering vir strenger maatreëls, kumulatief is. Die herstelkoers in die land is tans sowat 80%. Die kurwe van die tweede Covid-19-infeksievlaag is volgens beskikbare statistiek besig om af te plat sedert Kersdag en  dit moet ook in ag geneem word.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button