Dis 'n nuwe jaar ... die heel eerste dag van 2021 en geen beter tyd as nou om verby al die negatiewe dinge te kyk en die mooi wat die lewe nog bied raak te sien nie. Geniet die pragtige foto-versameling van die knap fotograwe en voorspoedige nuwejaar aan almal.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige modelfoto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer op 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige modelfoto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi toneel in Tietiesbaai aan die Weskus afgeneem.Jan Putter van Sasolbug het die pragtige foto van ‘n Swartkeelgeelvink wat soos “‘n natgereënde hoender” lyk in sy dogters se tuin in Vaalpark geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi landskapfoto in die Krugerwildtuin geneem.Danie Mohr van Meyerton het die mooi foto van ‘n duiker by Bass Lake in Henley on Klip geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi modelfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige foto geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.Elaine Cilliers van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Helena Nel van Unitaspark, Vereeniging het die mooi toneel van die donker wolke teen die gloeiende lugruim afgeneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto in die die Botaniese Tuine, Pretoria geneem.Joalize Els van Frankfort het die pragtige natuurfoto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Karin Cronjé van Andorra het die sprokies-mooi foto tydens ‘n uitstappie in die Madriu-Perafita-Clarorvallei, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Lizette Kuhn van Sasolburg het die mooi foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.Rozan Koen van Vaalpark het die kunstige foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.Lyn Csongradi van Arconpark, Vereeniging het die mooi foto by Cabana Beach, Umhlanga geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto by Temenos Retreat geneem.Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige foto in Heroldsbaai geneem.Mariana du Preez van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Japonika in haar skoonsus se tuin geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n duif in vlug geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto met sononder geneem.“Tyd om die nuwejaar te verwelkom” – Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die oulike foto geneem.Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto in Frankfort geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto by die Marievale Bird Sanctuary geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za