Local newsNewsNews

Talentvolle rugbyspeler verdrink in Vaalrivier

Dit is met groot hartseer dat Vaalweekblad verneem het van die afsterwe van die een van die Vaal se liefling sportseuns, Webster Swanepoel, wat gister in die Vaalrivier verdrink het. Vaalweekblad se innige simpatie aan die gewilde jong man se vriende en familie.

Webster wat een van Noordwes Universiteit (NWU) se belowendste jong rugbyspelers was, het gister saam met vriende langs die rivier gekuier, waarna van die jong manne glo in die rivier gaan swem het. Daar is nog nie duidelikheid oor wat presies fout gegaan en tot Webster se verdrinking gelei het nie.

Piet en Marina van Zyl het op hul Facebook die hartseer boodskap gedeel:

Dis met groot hartseer wat ons julle in kennis stel dat Webs vandag (31 Desember) verdrink het. Ons harte is stukkend – maar ons is dankbaar vir die jare wat ons met hom hom kon deel. Daar was soveel wat ons by jou geleer het … sal dit vir altyd koester! Webbie kind, ons gaan jou mis! Jy was vierkantig in ons harte …

Wyle Webster Swanepoel wat gister in die Vaalrivier verdrink het. Foto: Facebook
Webster was ‘n belowende rugbyspeler op wie daar ‘n blink toekoms gewag het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button