Local newsNewsNews

Pragtige oomblikke vir ewig vasgevang

Dit is so amper "back to reality" vir die meeste mense na die lekker Desember-vakansie, maar as jy foto's geneem het sal jy nog paar keer kan terugkeer na daardie goeie tye en mooi oomblikke. Geniet vandag se foto-versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer binnekort op 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.

Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Lyn Csongradi van Arconpark, Vereeniging het die mooi foto by Cabana Beach, Umhlanga geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige foto in Heroldsbaai geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto by Temenos Retreat geneem.
“Elysian”- Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Gestreepte Nuwejaarsvoël (‘n somerbesoeker aan Suid-Afrika) geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige kleure in die foto vasgevang toe die son begin sak.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die kunstige foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto van ‘n vlinder geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto in Frankfort geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi natuurfoto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto tydens ‘n onlangse besoek aan Penang geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van ‘n skerpioen geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto geneem.
Danie Mohr van Meyerton het die mooi foto van ‘n duiker by Bass Lake in Henley on Klip geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi modelfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van die flaminke wat te naby aan die bleshoender gekom het in die Marievale Bird Sanctury geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die mooi foto van die waterval in die Botaniese Tuine, Pretoria geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
“Stonechat” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto tydens ‘n uitstappie in die Madriu-Perafita-Clarorvallei, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto vroegoggend langs die Vaalrivier in Vaalpark geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button