Local newsNewsNews

Maak vol voor 6 Januarie: brandstofpryse styg

Volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds (SE) kan die brandstofprys met meer styg as wat aanvanklik verwag is.

Dit toon  dat die petrolprys (vir 93- en 95-oktaan) moontlik met onderskeidelik 42c en 38c per liter styg. Die prysstyging in diesel is selfs meer met 53c en 54c (afhangend van die swawelinhoud) per liter. Paraffien se prys kan met 55c per liter styg.

Dié syfers word volgens Netwerk24 bepaal deur die beweging van die internasionale ruolie pryse en die rand-dollar-wisselkoers. Hoewel die rand sedert Desember heelwat versterk het teenoor die dollar het dit weer intussen gedaal van R15 tot R14,59 vir ʼn dollar. Die ruolieprys het egter sedert die begin van Desember begin styg. Die prys van Brent-ruolie het van $47 per vat tot $50,61 per vat gestyg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button