Local newsNewsNews

Prag foto’s van heinde en ver

Die fotoblad spog soos oudergewoonte met prag-foto's van heinde en ver ... en hiermee bedoel ek foto's van regoor Suid-Afrika, asook twee ander lande.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer binnekort op 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.

Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto tydens ‘n uitstappie by Coll de la Botella, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Lizette Kuhn van Sasolburg het die pragtige foto van die sonstrale wat deur die wolke loer geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto van die Vaalrivier vanaf die Barragebrug geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Lyn Csongradi van Arconpark, Vereeniging het die mooi foto by Cabana Beach, Umhlanga geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige foto naby Knysna geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto van die besonderse houtdeur by Temenos Retreat in die Weskaap geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto in die Krugerwildtuin geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die kunstige foto geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi foto geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto van die Penang Kek Lok Si Buddhist tempel tydens ‘n onlangse besoek aan Penang geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto op die plaas geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto van ‘n jakkals geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi portretfoto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige monochroom foto van die volmaan geneem.
Mariana du Preez van Vereeniging het die mooi foto by die Botaniese Tuine in Pretoria geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto van ‘n aasvoël in vlug by die Marakele National Park geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button