Local newsNewsNews

Inwoners samel geld in om self kragkabel te koop

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) is Maandagoggend  tot stilstand gedwing toe ‘n groot groep ANC-ondersteuners werkers toegang tot die munisipale kantore in Vanderbijlpark geweier en verwoesting gesaai het.

Inwoners, hoofsaaklik afkomstig uit die suide van Emfuleni, eis die onmiddellike bedanking van die Emfuleni-burgemeester, Gift Moerane. Strate om die munisipale kantore is afgesper, kantoorvensters is gebreek en vullis is uitgegooi en aan die brand gesteek. Intussen het alle noodsaaklike dienslewering tot stilstand gekom en is ‘n groot gebied sonder elektrisiteit gelaat terwyl water en riool deur die strate spoel.

Die VF Plus moes dringend inwoners van Bonanné en Stefanopark nader vir die aankoop van ‘n elektriese kabel om ‘n vyfdae lange-kragprobleem in die gebied te herstel terwyl water na ander woonbuurte aangery moes word. Die VF Plus veroordeel die optrede van inwoners wat verwoesting saai ten sterkste en het reeds in gesprek getree met die speaker van die munisipaliteit, Maipoto Tsokolibane, om die situasie te ontlont sodat dienslewering kan voortgaan.

Die Emfuleni-munisipaliteit gaan reeds vir meer as ‘n jaar gebuk onder ernstige krag- en wateronderbrekings weens swak of geen onderhoudswerk en verouderde infrastruktuur. Die VF Plus het reeds die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Lebogang Maile, versoek om die munisipaliteit se administrateurs te vervang met meer bekwame persone en sal nie huiwer om ‘n mosie van wantroue in die burgemeester van Emfuleni gedurende die volgende raadsvergadering in te stel nie.

Mediaverklaring uitgereik deur: Gerda Senekal (VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike regering)

Pludering en opstand oor swak dienslewering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button