Local newsNewsNews

Vang die mooi oomblikke vas as jy kan

Dit is die begin van 'n nuwe jaar en tyd om met 'n vars uitkyk die lewe te trotseer. Fokus op die mooi in die lewe ... en vang dit sommer vir ewig met jou kamera of selfoon vas as jy kan.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die eerste gedrukte Vaalweekblad vir 2021 verskyn weer volgende week op 13 Januarie. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vakansie op die onderskeie fotoblaaie op die web verskyn het, sal weer in die eerste uitgawe pronk.

Hendrik Grobbelaar van Centurion, een van die gevorderde fotograwe, het dié pragtige foto van ‘n naaldekoker geneem.
Joalize Els van Frankfort het die teffende foto by die Klein Oasis-vakansieoord geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Jan Putter van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto  geneem. Sy sê dit is tans ysig koud by hulle, maar dat die sneeu betowerend mooi is. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het ook daarin geslaag om ‘n pragtige foto van ‘n naaldekoker te neem. Sy sê dié foto is een van haar gunsteling foto’s wat sy in 2020 geneem het.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto van die weerkaatsing in die plas water geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuine geneem.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die pragtige foto in Knysna geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto by Temenos Retreat in die Weskaap geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto van buffel met sy geveerde besoekers op sy rug geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem. Sy sê sy het haar kameralens teen die vliegtuigvenstertjie gehou om die manjifieke sonstrale teen Tafelberg af te neem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige natuurfoto geneem.
Rozan Koen van Vaalpark het die pragtige foto van haar kleinding wat met die water speel geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto van die Springbokke by die Heron Banks Golf Estate in Vaalpark geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto op die plaas geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto by die Tropical Spice Garden tydens ‘n onlangse besoek aan Penang geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die mooi foto van die donkies geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Ria Pieterse van Vereeniging het die mooi foto in die Richtersveldpark (SA kant) geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button