“Ons het ‘n paar kleinerige botterskorsies geoes,” vertel sy, “maar, wat my aandag getrek het, was die groen pampoene wat hul verskyning gemaak het. Dit het die vorm van ‘n botterskorsie, maar dit bly groen soos ‘n murgpampoentjie. Ek het dit toe “gemnuts” gedoop,” lag sy.
Sy het die “nuwe” pampoen onder familie uitgedeel en almal was dit eens dat dit ‘n baie lekker smaak het. Chantel sê sy het dit net soos ander soet pampoen gaargemaak. Blykbaar proe mens eers die murgpampoentjie en dan kom die botterskorsie se smaak deur. Van die sowat 11 gemnuts wat geoes is, was die meeste sag soos ‘n murgpampoentjie. Party het soos ‘n botterskorsie binne gelyk en ander weer meer soos ‘n murgpampoentjie, maar al die pitte was pure botterskorsie.
“Ek het al die pitte gehou om te plant en die keer gaan ek ook weer die twee soorte te naby aan mekaar plant. Ons wil almal meer van die gemnuts hê,” het Chantel gesê.
