NewsNews

Sherlain is ‘n rolmodel vir almal

VEREENIGING. – Sherlain Holmes (19) is verlede jaar aangewys as die Vaal se Oueen of Social Media tydens die Miss Vaal Pageant. Die mooie jong dame dra die titel met trots en het groot planne om ‘n verskil in jongmense se lewens te maak.

“Ek is op laerskool geboelie omdat ek oorgewig was,” onthou sy. In Gr. 1 is sy van agter gestamp en het sy so hard geval dat haar een tand dwarsdeur haar tong gebyt het. Die valslag het permanente skade veroorsaak en sy moes baie spot daaroor ook verduur. Sy onthou hoe sy aan die einde van Gr. 7 saam met ‘n vriendin se gesin op vakansie gegaan het. Hulle het dieselfde baaikostuums gekoop. Die vriendin se ouma het ‘n groot ophef gemaak van hoe mooi haar kleinkind lyk, maar vir Sherlain het sy gesê sy lyk swanger. “Ek was so teleurgesteld en seergemaak, maar dit alles het my geleer om sterk te wees,” vertel sy. Op hoërskool het sy in ‘n natuurlike skoonheid ontluik. Steeds is sy nie deur almal aanvaar nie. Vir baie het sy ‘n bedreiging geword en weer eens is sy getreiter. Deur dit alles het Sherlain haar kop hoog gehou en onverpoos gewerk om haar eie drome te bereik. Sy is aan die stuur van sake by die Family Fun Beach in Vereeniging, is ‘n gekwalifiseerde lewensredder en is tans besig met ‘n internasionale kursus in Life Coaching. Liefdadigheidswerk lê haar na aan die hart en sy was en is betrokke by verskeie projekte om almal, van haweloses tot kinders, te help. Een van die plekke wat sy gereeld besoek is die Emfuleni Child Care Centre. “Die kinders wil altyd hê ek moet hulle optel sodat hulle net so lank soos ek kan wees,” lag sy. Die Covid-19 pandemie en die gepaardgaande inperkings het ook ‘n finansiële impak op haar gesin se besighede gehad, maar Sherlain sê hul geloof dra hul daagliks. “Die lockdown het my meer volwasse gemaak. My fokus is nou op my familie en ek het geleer om die wat naaste aan my is te cherish,” vertel sy. “My boodskap vir kinders en tieners is dat hulle in hulself moet glo. Besef jy is goed genoeg. Waardevol. Volg jou drome. Droom groot. Moenie dat iemand jou vertel jy droom te groot nie. Mense gaan jou judge, maar staan sterk.” Sy beplan om in 2022 aan die Mej. Suid-Afrika kompetisie deel te neem. “Ek gee nie op nie en sal aanhou probeer totdat ek my drome verwesenlik het,” verklaar sy. Tot dan hoop sy om deur woord en daad ‘n inspirasie vir ander te wees. Sy doen dit reeds. So het ‘n jong bewonderaar haar in ‘n WhatsApp boodskap beskryf: “Ek is een van haar bewonderaars en sy het my al deur baie gehelp … Sy is plat op die aarde, luister en help graag … Ek dink ons kort meer van haar soort tienermeisies in die Vaaldriehoek.” – Soekie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button