NewsNews

Sasolburger spog met ekstra-groot pampoene

SASOLBURG. – Jacob Rampitsana (62) kan met reg trots wees op sy groentetuin die jaar.

Nie net het hy ‘n goeie wortel oes gehad nie, daar is ook heelwat mooi tamaties en kool.

Die groot suurlemoenboom wat oor die tuin waak se vrugte blink ook groot en songeel tussen die donkergroen blare.

Jacob se grootste trots die jaar is egter die hubbard pampoene (hubbard squash). Die ou groenes is in Augustus geplant en het net aanhou groei. Hy het 17 pampoene geoes. Die laastes het hy spesiaal uitgehou om eers afgeneem te word.

Hy skat die grootste pampoen op ongeveer 12 kg. “Ek is baie lief vir tuinmaak en geniet dit om in my groentetuin te skoffel,” sê Jacob wat al sedert 1995 elke jaar ‘n groentetuin in sy erf in stand hou. “Ons verkoop nie die groente nie. Ons eet dit self en deel die res uit,” vertel hy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button