Local newsNewsNews

Foto’s van regoor die land én buiteland

Die kranige fotograwe hou daarvan om rond te toer ... en gelukkig foto's te neem terwyl hul dit doen. Vandag se versameling sluit in pragtige foto's van regoor die land en ver buite die grense van Suid-Afrika.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 31ste fotoblad het in die die week se Vaalweekblad, 27 Januarie verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this magnificent sunset at Kubu Island in Botswana.
Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die skitterende foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Marakele Nasionale Park geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi sonsondergang foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto van ‘n uil geneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die treffende  sonsopkoms foto in die Molumong Eco Lodge in Lesotho geneem.
Tanya van Vollenstee van Alberton het die pragtige foto in die Krugerwildtuin geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Dricky (Dricky’s Pix) neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto van die grassade geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy blad besoek by  https://www.facebook.com/raalebborg/ of kontak by 0825729187.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die mooi foto van die donker hemelruim geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Pamela Pelser van Vanderbijlpark het die pragtige foto in Pilansberg geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto onlangs tydens ‘n besoek aan vriende in Nelspruit geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die pragtige foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Susan Erasmus van Barberton het die pragtige landskapfoto in haar tuisdorp in Mpumalanga geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die kunstige foto geneem.
Tanya Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto van haar skattige kleinding in Amanzimtoti geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die die pragtige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto tydens vakansie in Penang geneem.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n Bromvoël in aksie in Krugerwildtuin geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Buané Cordier (13) van Vanderbijlpark is tans die jongste lid op die blad en het die mooi sonsondergang foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die skilderagtige landskapfoto op Riversong-plaas geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto by die Ecopark in Vaalpark geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Hannetjie Liebenberg van Vanderbijllpark het die mooi foto onlangs tydens die oorstroming in Lochvaal by die Kaalplaats-kleinhoewes geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto by Pas de la Casa geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button