News

Rhino’s Sewes-aksie in Vanderbijlpark

Die toernooi is by die VUT Isak Steyl-stadion aangebied en verskeie plaaslike spanne was onder die deelnemende spanne.

VANDERBIJLPARK – Verlede Vrydag en Saterdag het die Rhino Sewestoernooi vir o13, o15 en o17 spanne vir hope aksie gesorg.

Die verskil tussen tradisionele rugby (Rugby Unie) en rugby sewes lê hoofsaaklik in die getal spelers, die wedstrydduur en die tempo van die spel.

Soos die naam dit duidelik maak, is daar net sewe spelers met span op die veld en die wedstryd duur slegs 14 minute. Sewe minute per helfte.

Anders as tradisionele rugby, skop die span wat ‘n drie gedruk het, weer af.

Albei formate word op dieselfde grootte veld gespeel en volg dieselfde basiese reëls, maar die verskil in spelergetalle sorg vir ‘n heeltemal ander dinamika op die veld.

Uitslae en nog foto’s in Vrydag (2 Oktober) se Vaalweekblad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button