Die lewe sal maar droog wees sonder die wonderlike diere en hul interessante maniere. Geniet vandag se pragtige foto-versameling wat diere, reptiele, insekte en voëls insluit.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n baba hiëna in Krugerwildtuin geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 31ste fotoblad het in die die week se Vaalweekblad, 27 Januarie verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
George Stevens van Vereeniging het die pragtige foto van ‘n baba hiëna in die Krugerwildtuin geneem.“Aapstrepe” – Tanya van Vollenstee van Alberton het die skattige foto van die klein bobbejaantjie geneem.Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this beautiful photo of a leopard in the Masai Mara.Albertus Kriel van Vereeniging het die die mooi foto by die Heron Banks Golf Estate in Vaalpark geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die oulike foto tydens vakansie aan die Weskus geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto van die olifante wat lekker in die water speel in die Krugerwildtuin geneem.Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die pragtige foto van die zebra vulletjie geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die oulike foto by die Animal World in Vanderbijlpark geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto van ‘n Bloukraanvoël in die Austin Roberts Bird Sanctuary, Pretoria geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto van ‘n likkewaan geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n rooi perdeby wat sy gesiggie afdroog nadat hy uit die wembad gered is geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto van die gemsbokke geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die pragtige portretfoto van een van die hul viervoetkinders (Mischa) geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto wat soos ‘n prentjie uit ‘n sprokiesverhaal lyk, tydens ‘n uitstappie in die Madriu-Perafita-Claror Valley, Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto van ‘n vinkie geneem wat hard besig is om nes te bou.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Walter Sisulu Botaniese Tuine geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto van die kat wat soos ‘n standbeeldjie op die muur sit by Temenos Retreat in die Wes-Kaap geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto van ‘n reier geneem.Ria Pieterse van Vereeniging het die oulike foto geneem. Ria sê dit was baie warm in die Kgalagadi Park en die pa volstruis was die sambreel vir die kuikens.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het kunstige natuurfoto van ‘n by geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die oulike foto op Riversong-plaas geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi foto van ‘n miskruier geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy blad besoek by https://www.facebook.com/raalebborg/ of kontak by 0825729187.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za