Local newsNewsNewsBreaking News

Nog vragmotors aan die brand gesteek

RANDVAAL. – Nog ‘n vragmotor is Vrydag in die vroeë oggendure op die R59-snelweg tussen Vereeniging en Alberton aan die brand gesteek. Die voorval het glo tussen die Randvaal- en Kliprivier-afritte plaasgevind. Daar word beweer dat vyf gewapende mans die bestuurder gedwing het om naby ‘n afrit te stop. Die bestuurder kon na bewering ligte …

RANDVAAL. – Nog ‘n vragmotor is Vrydag in die vroeë oggendure op die R59-snelweg tussen Vereeniging en Alberton aan die brand gesteek.
Die voorval het glo tussen die Randvaal- en Kliprivier-afritte plaasgevind.
Daar word beweer dat vyf gewapende mans die bestuurder gedwing het om naby ‘n afrit te stop. Die bestuurder kon na bewering ligte in die verte sien en het aanvanklik gedink dit is ‘n ongelukstoneel. Die bestuurder en sy assistent het vir die verdagtes weggehardloop en in die bosse weggekruip. Die vragmotor is toe aan die brand gesteek. Blykbaar is nog vier vragmotors op hierdie plek aan die brand gesteek. Die Alberton-brandweer het gehelp om die brand te blus en die toneel op te ruim. Die pad is blykbaar weer oopgestel vir verkeer.

Alberton-brandweer op die toneel op die R59 waar ‘n vragmotor aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf
Nog ‘n vragmotor brand op die R59. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button