Local newsNewsNews

Kyk wat het die fotograwe se aandag getrek

Die fotograwe het hulself weer oortref en soos een van die lede die woorde gedeel het: "Photographers are history makers. Every picture is a moment which is gone forever and can't be re shoot. - Biju Karakkonam".

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 31ste fotoblad het in die die week se Vaalweekblad, 27 Januarie verskyn. Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Marietjie Barnard van Vereeniging het die treffende foto by Vaaldam geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto by Lake Engolasters in Andorra geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, een van die professionele fotograwe op die blad, het die kunstige monochroom foto geneem.
Elsje Vermeulen het gister die mooi sonsondergang in Vanderbijlpark van die Vaal Mall se dak af geneem.
Kate Whittam from Vanderbijlpark captured this magnificent photo.
Walter Albrecht van Vanderbijlpark (amateur fotograaf) het die skitterende foto van die sekelmaan geneem. Albert sê hy het dit met sy selfoon deur ‘n 20mm versterkingslens op ‘n 203mm teleskoop op 17 Januarie 2021 geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.
Nicole Labuschagne (13) het ook die pratige sonsondergang gisteraand in Vanderbijlpark afgeneem.
Ria Pieterse van Vereeniging het die pragtige foto geneem tydens ‘n toer vanaf Seronga na Mohemba Pont in Botswana.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto onlangs tydens ‘n besoek aan vriende in Nelspruit geneem.
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die mooi natuurfoto geneem.
Tanya Barnard van Vanderbijlpark het die mooi foto van die wolke in Amanzimtoti geneem.
Tanya van Vollenstee van Alberton het die pragtige monochroom portretfoto geneem.
Marcelle du Preez (19) van Falconridge, Vereeniging, het ook gisteraand se pragtige sonsongergang in die Vaaldriehoek vasgevang.
Zinta Barard (17) van Vanderbijlpark het die mooi foto met vakansie in Amanzimtoti geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die die pragtige foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige straatfotografie foto tydens vakansie in Penang geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto op Riversong-plaas geneem.
Buané Cordier (13) van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, het die pragtige foto geneem.
George Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Hottentotsgot tydens ‘n besoek aan Garsfontein geneem.
Hannetjie Liebenberg van Vanderbijllpark het die mooi foto onlangs tydens die oorstroming in Lochvaal by die Kaalplaats-kleinhoewes geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi stillewe foto geneem. Hendrik is een van die professionele fotograwe op die blad en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi aksie foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button